Belinda bring unieke ervaring

0
446
Belinda van Zwijndrecht FOTO: ANELIA LOUBSER

Die sanger-liedjieskrywer, kitaarspeler en visuele kunstenaar, Belinda van Zwijndrecht, wat in Johannesburg gebore is maar in die Vrystaat grootgeword het en ‘n draai in Namibië gemaak het, bring ‘n nuwe musiekervaring.
Bekend as Belinda van Zee, het sy haar BA/FA-graad in 2001 aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) voltooi en werk sy sedert 2001 as professionele musikant en visuele kunstenaar.
As kunstenaar het sy ‘n groot voorliefde vir oorspronklikheid en skryf sy sowel Afrikaanse as Engelse musiek. Volgens haar moet haar hoofinstrument die kitaar wees, alhoewel sy ook eksperimenteer met ander instrumente waaronder klavier.
“Ek speel ook soms ou bekende musiek in my eie styl, maar my voorland is oorspronklike liedjies. My styl het beslis verander en gegroei en mens kon dit dalk as kontemporêre folk met ‘n bietjie blues-aanslag beskryf. Ek het nog nie ‘n album uit nie, maar is stelselmatig besig om ouer en nuwe enkelsnitte op die internet-platforms te laai.”
Belinda van Zee het voor-optredes gedoen vir onder andere Lize Beekman, Chris Chameleon en Hugh Maslhasela en werk gereeld saam met Marcia Moon. Een van haar hoogtepunte vir 2019 was om op die Al die pad van Bloem-album te wees met haar liedjie “Mis Jou.” Haar ander lied, “Occasional Lover”, is ook beskikbaar op alle platforms. Haar nuwe werk, “Dag Danser” en “Kersfees op Bettiesbaai”, sal hopelik nog in December beskikbaar wees.
Tussen haar visuele kuns en optredes gee sy so bietjie les van haar ateljee/huis af. Van Zee, wat ook deel is van die Vrystaatse kunsversameling (FSAC) wat deur Karen Brusch gekoördineer word, ondersoek verskillende magsdinamika, geslagspolitiek en ander menslike ideologieë, gedrag en sosiale verwagtinge in die visuele kunste.
Vir meer, volg haar op Facebook @ Belinda van Zee. – PIERCE VAN HEERDEN
pierce@mahareng.co.za