Beleggings en besluite

0
703

George Orwell het die volgende opmerking gemaak: “…those who control the past control the future”. Dié aanhaling het my tot die besef gebring dat die regte besluite deurslaggewend is vir sukses in die toekoms. Hierdie besluite word egter ook beïnvloed deur die verlede. Die volgende riglyne het my gehelp om beter besluite te neem:
• Ken jouself en die mate waartoe jy bereid is om risiko’s in die lewe te neem, veral as dit kom by beleggings en verhoudings.
• Kyk na die groter prentjie, die langtermyndoelwitte, en sien die persoon met wie jy te doen kry in die groter prentjie van sy persoonlikheid en organisasie raak. Probeer dus wyer kyk as net dit wat jy voor jou sien.
• Leer uit die verlede, maar moenie vashou aan die foute van die verlede nie. Dit beteken uiteindelik dat jy nie sal tob oor die foute wat jy gemaak het nie, maar dat jy sal aangaan met jou lewe. Mense maak foute!
• Probeer om negatiewe ervarings in ander woorde te omskryf. So bv. kan egskeiding jou lewenslus vir altyd wegneem of jy kan ná terapie die lewe anders bekyk en uit die seer leer en aangaan met jou lewe. Jy kan dus nuut dink oor die lewe.
• Slegte en goeie nuus is deel van ons lewe. Ons reaksie op die slegte nuus bepaal ons optrede en wat ons daarmee gaan maak. Soms kan ons terugkyk en ná al die seer iets raaksien waaraan ons nooit sou dink het nie.
• Wees positief in die keuses wat jy maak en vertrou jouself!
• Maak jou lewe vol met postiewe mense en keuses. Vermy die klakouse van die lewe en fokus op die mooi en positiewe deel van mens-wees.

Ds. Stephan van Heerden

* Van Heerden is ’n geestelike leier by die NG Klipkerk en ’n pastorale sielkundige.