E Copy

Date:

Bekroonde prof. wil graan verbeter: November 2012

LANI FOUCHÉ

’n Bekroonde professor van Bloemfontein beywer haar om die voedingstowwe in
graan te verbeter, en ryg juis hiervoor die een na die ander toekenning in.

Prof. Maryke Labuschagne van die departement plantkunde aan die Universiteit van die Vrystaat, wie die onlangse Graan SA Wetenskaplike van die Jaar-toekenning by haar ses ander soortgelykes gevoeg het, se
deurslaggewende navorsing fokus hoofsaaklik op koring en mielies.

Koring is die tweede belangrikste graangewas ter wêreld en word in Suid- Afrika hoofsaaklik vir die bak van brood gebruik. Koring bestaan ongeveer uit 12% proteïene, waarvan die grootste komponent gluten is. Dit is gluten wat dit moontlik maak om brood van meel te bak, verduidelik Labuschagne. “Gluten bestaan uit gluteniene en gliadiene.

Laasgenoemde is hoë molekulêre gewig proteïene wat elastisiteit aan deeg gee.” Die verhouding tussen gluteniene en gliadiene is deurslaggewend vir goeie bakgehalte. Labuschagne en haar span kyk na die uitskeiding van hierdie proteïene en hoe dit geneties gemanipuleer kan word om bakgehalte te vebeter.

Labuschagne en haar span werk verder op die kwaliteit van proteïen-mielies, algemeen bekend as QPM (Quality Protein Maize). “Mielies is die belangrikste stapelvoedsel in Afrika, en dit is die hoofbron van proteïene vir miljoene mense op die Afrika-kontinent. Die proteïen wat in gewone mielies gevind word is egter arm aan noodsaaklike  aminosure, soos lisien en triptofaan.”

Wetenskaplikes het QPM mielies ontwikkel wat dubbel die hoeveelheid lisien en triptofaan van gewone mielies bevat. Hierdie mielies is nou oral oor Afrika beskikbaar, maar daar is baie inligting wat nog ontbreek oor die proteïene in hierdie mielies. Labuschagne en haar span kyk  dus nou na die uitdrukking van proteïene en aminosure in QPM onder verskillende produksietoestande, en die genetika wat die uitdrukking van die proteïene beheer.

Oor die toekenning was Labuschagne vreeslik opgewonde en dankbaar. “Dis so lekker om te voel dat jy iets vir die landbou-industrie kan beteken. Dit maak al die harde werk die moeite werd.”

Ander wenners by die Graan SA Graanprodusent van die Jaar-toekennings, was Gilly Scheepers van die Bloukruin Landgoed in Fouriesburg, Bethlehem en Paul Roux, (Graan SA se Graanprodusent van die Jaar), Johan van Huyssteen en Johan Jnr. van Van Huyssteen Boerdery in Virginia en Francois en Pieter Eksteen van Witvlei Boerdery in Piketberg (finaliste). Die opkomende Graanprodusent van die Jaar is Israel Motlhabane van Wesselsbron.

Die fi naliste was John Motsoeneng van die Aberfeldy-distrik en Tembalekhaya

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...