Bekroonde Afrikaanse digter, TT Cloete, sterf

0
1878

‘n Groot gees in Afrikaanse letterkunde, prof. TT Cloete, is vroeg vanoggend in die ouderdom van 91 in die Mooimed-hospitaal in Potchefstroom oorlede.

Cloete, ‘n bekroonde digter, Bybelvertaler, letterkundige en wetenskaplike navorser was lank verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus se skool vir tale en skryfkuns.

Woordvoerder van die kampus, Johan van Zyl, sê Cloete, wat as kind met polio gediagnoseer is, is Sondag in die hospitaal opgeneem en vanoggend aan natuurlike oorsake oorlede.

Volgens Van Zyl het Cloete oor die jare heen baie eerbewyse vir sy werk ontvang. – Christal-Lize Muller