Bekendstellingstoer van Pers & Parmantig skop af

0
313
Die haar-spesialis, Ilse du Preez FOTO: LOREN BATTERSBY

Die skoner geslag moet hulle gereed maak vir ‘n interaktiewe en humoristiese vertoning deur Bloemfontein te eie haarspesialis, Ilse du Preez.

Op 9 Februarie skop die Pers & Parmantig Make-Over Roadshow in Bloemfontein af. Du Preez, ‘n gewilde stilis op Glam Guru, ‘n voorkomsverandering-realiteitsprogram, en die eienares van Salon Hot Trendz, beoog om vroue te bemagtig. Die roadshow is daarop gemik om vroue te bemagtig om hul innerlike skoonheid gemaklik ten toon te stel.

Met albei vertonings sal daar twee vroue uit die gehoor gekies word vir oordoensessies (make-overs), wat ook demonstrasies en insiggewende wenke oor skoonheid insluit.
Du Preez is omtrent ‘n besige meisie en het saam met Hannon Bothma in Desember reeds aan seisoen 21 van Glam Guru begin skiet.

Die splinternuwe geleentheid vir vroue vind op 9 Februarie om 10:00 en 19:00 in die ML Spies-saal by die Meisieskool Oranje plaas. Kaartjies is te koop teen R200 per persoon of
R1 800 per tafel by Salon Hot Trendz, Emily Hobhouseplein.

Daar word ook aan uitstallers wat belangstel die geleentheid gebied om by die byeenkoms hul ware te vertoon.

Kontak gerus 079-528-8690 of stuur ‘n e-pos na persparmantig@gmail.com vir meer inligting. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za