E Copy

Date:

Bekende Puk-tolk by haar huis doodgeskiet

Kollegas en studente op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus het met groot skok verneem van die moord op ‘n tolk van die Taaldirektoraat se tolkdienste op dié kampus.

Direkteur van die Taaldirektoraat, Johan Blaauw, sê hulle het vanoggend nadat klasse reeds begin het, uitgevind dat die 46-jarige Maria Arangies, gisteraand in ‘n gewapende huisroof doodgeskiet is.

Volgens polisiewoordvoerder in Noordwes, Kelebogile Moleko, is Arangies buite haar huis in Mooivalleipark geskiet. Moleko sê Arangies is dood terwyl sy die huis ingestrompel het.

Vyf mans het daarna ook ‘n vrou, wat in die huis was, aangerand. Dié beseerde vrou, wat kopbeserings opgedoen het en in ‘n plaaslike hospitaal behandel word, was na bewering Arangies se huismaat.

Blaauw sê Arangies was ‘n slimkop en was die afgelope tien jaar verbonde  aan die Taaldirektoraat.

“Arangies was ‘n baie begaafde en intellektuele mens. Sy het haar regsgraad voltooi, en toe haar studies voortgesit in die mediese rigting. Sy het as tolk in die gesondheidswetenskappe vir studente in lesings opgetree.”

Blaauw sê sy het ten tye van haar dood in ‘n farmaseutiese rigting studeer. Hy meen dit is hartseer dat ‘n begaafde mens soos Arangies se lewe so wreed tot ‘n einde gekom het. “Dit is ‘n mors van ‘n lewe.”

Maleko sê die rowers het met juweliersware, ‘n televisiestel, ‘n rekenaar en ander waardevolle items op die vlug geslaan.

Moleko sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Christal-Lize Muller/Courant-nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...

Bloem schools bold about bullying

Bullying is more than just verbal or physical abuse...