Bekende plaaslike argitek vermoedelik deur ontsnapte gekaap

0
921
‘n Bloemfonteinse argitek is vanoggend by Prellerplein in die stad gekaap deur vermoedelik ‘n ontsnapte misdadiger.
Haar man het in ‘n eksklusiewe onderhoud aan Courant gesê sy vrou het Theodorus Botha herken op ‘n foto wat op sosiale media die ronde doen. Botha en Johannes Pheko, wat albei lewenslange tronkstraf moet uitdien in die Goedemoed-gevangenis by Rouxville, het Dinsdag uit aanhouding ontsnap. 

Sy het kop gehou en haar motor teen 'n ander motor gestamp, waarna die gewapende kaper uitgespring en gevlug het. Die polisie sê hy het in die rigting van Tempe gehardloop.

Mense word gevra om nie die ontsnapte gevangene self te probeer aankeer nie, maar eerder hul naaste polisiekantoor te bel indien hulle die verdagte sien. Kaptein Francois Laux van die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad kan ook by 082-854-7530 met inligting gekontak word.  – Cathy Dlodlo en Christal-Lize Muller