Bekende leraar se seun sterf tragies

0
1687
Ma Saloom met haar seun, Henry.

Ds. Jaques Kilian, leraar by Bloemfontein Baptiste Kerk en sy vrou, Saloom Kilian, het Sondagoggend 17 Maart, die tragiese nuus ontvang dat hul seun, Henry (15), oorlede is.

Die jong seun, wat in ‘n versorgingsoord was weens gestremdheid (spasties, blind en verstandelik), het ‘n malvalekker geëet en daaraan verstik.

Huldeblyke het op ma Saloom se Facebook ingestroom om die gesin sterkte toe te wens vir die moeilike tyd wat die gesin deurgaan.

Henry word oorleef deur sy ouers sowel as twee sussies, Melissa en sy tweelingsussie Nadia.

Henry se roudiens vind Donderdag om 11:00 in die Baptiste Kerk plaas. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za