E Copy

Date:

Bek-en-klouseer kon in die VS voorkom word

 “Ons sal nooit weer kan sê dat die Vrystaat bek-en-klouseer vrygespring het nie. Daardie status is nou vir ewig verlore en die ekonomiese gevolge is enorm.”

So sê Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), na die aankondiging deur die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, Thembeni Nxangisa, oor ‘n bevestigde positiewe geval van bek-en-klouseer in die provinsie.

VL doen ‘n ernstige beroep op alle veeboere om nie onnodig vee te skuif of ongesertifiseerde vee aan te koop nie en 100% binne die wet te bly met alle permitte in terme van vervoer, veilings en verkope. VL vra ook dat boere in en om Viljoenskroon en Frankfort hul volle samewerking aan die veeartse moet gee en waaksaam moet wees vir enige simptome. Indien simptome voorkom, moet dit so vinnig moontlik by plaaslike veeartse aangemeld word.

“Vrystaat Landbou ondersteun ten volle die bevoegdhede wat aan veeartsenydienste in terme van die Wet op Dieresiektes (35 van 1984) gegee word, en is van mening dat die skuldiges aan die pen moet ry,” sê Wilken. Hy sê die siekte gaan ’n massiewe negatiewe ekonomiese impak tot gevolg hê weens die beperking op vervoer van diere asook die internasionale handelsverbod op vee- en veeprodukte.

Mense is ook ‘n groot faktor by die oordraag van bek-en-klouseer, en VL doen ‘n beroep dat streng biosekuriteit op alle werkers op geïnfekteerde en moontlik geïnfekteerde plase en buurplase toe gepas word.

Die staat en provinsiale regering word versoek om alle hulpbronne tot hul beskikking te ontplooi, insluitend die verkeersdepartement, om die kwarantynbeperkings streng toe te pas om enige verdere verspreiding op die verdagte en bevestigde plase in die Vrystaat te verhoed.

Saamgestel deur Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za

 

Share post:

Popular

More like this
Related

MMM vows to fix project delays and improve planning

The Mangaung Metro Municipality (MMM) held a Planning Implementation...

AfriForum ruim kwaaddoeners se gemors in Langenhovenpark op

AfriForum se buurt- en vullisverwyderingspanne het aan die begin...

FS takes third place in case study competition in national agricultural awards

The Free State Department of Agriculture and Rural Development...

Free State learners gear up for Eskom Expo Regional Science Fairs

Eskom Expo for Young Scientists is set to launch...