Owen Kock
Bloemfontein. – Die Suid-Afrikaanse middelklas sal die meeste geraak word deur die Minister van Finansies Pravin Gordhan se begrotingsrede môre.
Die ekonoom Dawie Roodt meen die middelklas betaal al of die meeste belasting, maar kry nie noodwendig die meeste voordeel uit staatsbesteding nie. Roodt sê verder hy verwag geen noemenswaardige verrassings tydens Gordhan se begrotingsrede nie.
"Onvermeidelik is dit so dat die middelklas die mense wat die persoonlike belasting betalers is en persoonlike belasting is die grootste bron van inkomste vir die minister van finansies. Onvermeidelik is die middelklas maar die ouens wat die meeste slae sal kry," het Roodt bygevoeg.