E Copy

Date:

BBM beskikbaar op IOS and Android

Servaas de Kock

Ek was verras toe ek gister die persvrystelling van Blackberry lees oor sy BBM-diens. BBM gaan binnekort beskikbaar wees vir gebruik op Apple- en Android-produkte. Een van die unieke kenmerke van die Blackberry-produk is die BBM-diens wat beskikbaar is aan al die gebruikers om gratis met mekaar te kan kommunikeer.

Dit is baie interessant dat Blackberry nou een van sy unieke komponente beskikbaar wil stel aan ander platformgebruikers. Ek dink een van die groot redes hiervoor is dat Blackberry besef het hy nie gebruikers kan forseer om net een bepaalde diens te gebruik nie. Baie gebruikers het wegbeweeg van BBM af weens beperkinge en van alternatiewe kommunikasiemiddele op die mark soos Whatsapp, wat nie aan ’n bepaalde platform gekoppel is nie, gebruik gemaak.

Die realiteit is dat hierdie geselsapplikasies ongelooflik gewild geraak het oor die afgelope tyd en gebruikers baie koste gespaar het in vergelyking met SMS’e. Hierdie applikasies kan op die ou einde die ondergang van SMS wees.
Met inagneming van die probleme wat Blackberry die afgelope jaar ondervind het dink ek dit is ’n baie goeie besluit wat geneem is vir die behoud van komponente van sy produk. Die uitdaging vir Blackberry gaan wees om nou die beste geselsapplikasie beskikbaar te stel, eerder as ’n unieke, beperkte geselsapplikasie soos voorheen.

*De Kock is algemene bestuurder van Digital Platforms, webtuiste en ontwikkelingspesialiste.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...