
Dance Domination Senicia du Toit-studio in Bayswater, Bloemfontein het met 11 SA titels weggestap op die SA Kampioenskap.
Volgens Senicia du Toit-Breytenbach, Dance Domination-prinsipaal en afrigter, is sy ongelooflik trots op die kinders, wat almal hul drome najaag. “Sewentien dansers gaan SA onderskeidelik verteenwoordig in Blackpool, Engeland en Swede op verskeie wêreldkampioenskappe in 2022.”
Sy het aan Bloemfontein Courant vertel dat al die dansers tussen 90% en 100% behaal het in hul nasionale eksamens in verskeie vlakke. “Hulle ontvang die Examiners Choicetoekenning vir die beste presteerders in Dance Domination Senicia du Toit (DDSDT).”
Die volgende prestasies is erken deur die South African Dance Teachers’ Association (SADTA): volle provinsiale kleure aan 30 dansers van DDSDT vir Disco Dance. Volle provinsiale kleure vir Disco Freestyle Solo aan drie dansers van DDSDT. Vollge provinsiale kleure is toegeken vir Slowdance Solo aan vier van DDSDT-dansers. Volle provinsiale kleure is toegeken vir Freestyle Solo aan drie van DDSDT-dansers. SADTA SA nasionale kleure is toegeken aan 30 dansers van DDSDT.
Duo Cara van der Bijl en Chanel Vorster staan onoorwonne hierdie jaar in die 17/O Disco Dance Duo en verower die SA titel. Chanel Vorster en Senicia du Toit-Breytenbach (afrigter) wen 3 SA titels op die SA’s, en albei hoop om SA oorsee te verteenwoordig in Swede en Blackpool, Engeland.
Sazly Hartzenberg