Battle Belongs’ gee hoop aan Bfn

0
545
Die 17 aanbiddingsleiers van verskeie gemeentes in Bloemfontein wat saamgewerk het om 'n musiekvideo bymekaar te sit wat dien as 'n lied van hoop vir die Rosestad.

Sewentien aanbiddingsleiers van verskeie gemeentes in Bloemfontein het saamgewerk om ‘n musiekvideo bymekaar te sit om hoop vir die Rosestad en sy mense te bring. “Battle Belongs”, oorspronklik deur Phil Wickham, is die liedjie wat in die musiekvideo gesing word.

Eugene Lombard, koördineerder, het aan Bloemfontein Courant gesê dat hierdie lied ‘n boodskap van hoop en oorwinning in ‘n tyd waar baie mense hulself in moelike omstandighede bevind, bring. Mense veg “battles”, hetsy die stryd geestelik, fi nansieel, fi siek of emosioneel is.

“Die koorgedeelte van die lied verklaar When I fight, I will fight on my knees, with my hands lifted high. The battle belongs to You. Ons begeerte met dié lied was dat mense aangespoor sou word om deur gebed opnuut hul fokus op die Here te plaas en Hom alleen te vertrou in tye van uitdaging en krisis,” sê Lombard.

Hy voeg by dat hulle glo verskillende kerke in Bloemfontein speel ‘n kritieke rol in die algehele gesondheid en vooruitgang van die stad. Die kerk se mandaat is om die stad te dien sodat diegene wat geestelik verlore is, gered sal word, dat diegene wat sosiale pyn beleef, genees sal word, en dat die gebroke kultuur van die stad heelgemaak sal word.

“Met hierdie video het ons nie net gepoog om die diversitiet van kerke opnuut te waardeer nie, maar om ook die eenheid wat daar in ons missie is, te beklemtoon.” Lombard vertel die projek het dadelik groot aanklank gevind by die mense van Bloemfontein. Die feit dat die video die diversiteit en eenheid in die stad beklemtoon, het mense diep aangeraak. Die beeldmateriaal van Jan Jordaan, wat die mooi van die Rosestad uitbeeld, het ‘n gevoel van hoop in Bloemfonteiners wakker gemaak.

“Ons sal graag in die toekoms weer so ‘n projek wil aanpak en nóg kerke betrek. Dit sal ook baie mooi wees om te sien hoe ander stede in Suid-Afrika dieselfde doen.”

Die video is wyd en syd op verskeie sosiale platforms in Bloemfontein en regoor Suid-Afrika versprei.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za