E Copy

Date:

Bartimea-onrus: ‘Niemand in sig op die skoolterrein nie’

Christal-Lize Muller
Die polisie kan steeds nie bevestig waar die groep ontevrede leerlinge van die Bartimea-skool vir dowes en blindes in Thaba Nchu hulle nou op die skoolterrein bevind nie.
Die groep het gister die skool se administratiewe gebou aan die brand gesteek en toegang tot die skool versper.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, Consolation Mokoale, sê die polisie monitor die situasie buite die skool se ingang.
Volgens haar is daar niemand in sig op die skoolterrein nie.
Ouers begin by die skool opdaag nadat daar gisteraand ‘n dringende beroep op hulle gedoen is om hul kinders te kom haal.
Die ontevrede groep leerlinge het hulself saam met ander leerlinge, wat nie betrokke is by die onluste nie, deur die nag in skoolkoshuise toegesluit.
Die groep leerlinge is ontevrede oor die oprig van ‘n heining tussen twee koshuise vir seuns en meisies op die skoolterrein.
Hulle het Maandag al begin om hul ontevredenheid te wys met die verwydering van die heining.
Teen gister het die situasie vererger toe hulle die polisie met klippe bestook en vensters gebreek het.
Koshuispersoneel is ook deur die leerlinge verwilder.

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...