Bloemfontein – Springbok-afrigter Heyneke Meyer sal vanmiddag sy span aankondig wat Sondag teen Skotland uitdraf in die tweede toets op jul jaareindtoer.
Meyer het vroeër aangedui dat hy waarskynlik speelkans sal gee aan veteraanslot Bakkies Botha.
Dit sal Botha se eerste verskyning in die Groen en Goud die afgelope twee jaar wees.
Die Bokbreier het bygevoeg dat hy ‘n paar veranderinge aan die span gaan maak en berekende risiko’s gaan neem, sonder om die Skotte te onderskat.
Intussen sê Botha hy besef sy speeldae is amper getel, maar dat hy daarna uitsien om as ‘n mentor vir jong spelers soos Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit op te tree.
Sondagmiddag se toets in Edinburgh skop om 5 uur af.