Bainsvlei se vermeende moordenaars se borgtogaansoek sloer

0
1794

OWEN KOCK

Bloemfontein – Die borgtogaansoek van die vermeende Bainsvlei-moordenaars, Hendrik Ntsudi, Motsamai Bitterbos en Jackie Louw, sal op 19 Februarie voortgaan.

Hulle het vanoggend vlugtig in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn vir die dubbele moord op Toon en Rienie Swanepoel verlede maand.

Staatsadvokaat Louise Cawood was gereed om die staat se saak te begin, maar die aangeklaagdes se regsverteenwoordiger, Kerapetswe Kgosimang het gesê sy kan nie voortgaan nie omdat sy siek is.