E Copy

Date:

Bainsvlei-moordverhoor hervat Dinsdag 8 Desember

OWEN KOCK

Bloemfontein. – Die moordverhoor van Fana Ntshedi, Motsamai Bitterbos en Jackie Louw, wat daarvan aangekla word dat hulle Toon en Rienie Swanepoel in Januarie vanjaar vermoor het, hervat Dinsdag in die Bloemfonteinse Hooggeregshof.

Die hof het vanoggend aangehoor dat Bitterbos en Louw beweer dat hulle nie saam inhegtenis geneem is nie en dat hulle nooit die bakkie van die oorledene gesteel het nie. In sy getuie vir die staat, het Hans Madolo van die Bainsvlei-polisie volgehou dat die twee wel saam imhegtenis geneem is, ofskoon Louw beweer dat hy by sy huis op 12 Januarie, ‘n dag na die moorde aangekeer is.

Bitterbos se regsverteenwoordiger, Oupa Makhene het aan Madolo gestel dat sy kliënt beweer dat hy die bakkie langs die pad gevind het en op pad na die polisie was toe hulle aangekeer was, omdat hy geweet het aan wie die bakkie behoort. Volgens Madolo het die twee verdagtes gesê dat dit hul werkgewer se bakkie was. Nié een van die twee het vir die Swanepoels gewerk nie.

Share post:

Popular

More like this
Related

‘Text Me When You Arrive’ to tackle GBV through theatre and satire

A daring, satirical theatre production with the aim to...

Bloemfontein police seize crystal meth, mandrax in CBD

On Monday 7 July, an intelligence-led operation by Park...

Road closures towards Bram Fischer International Airport

The Bram Fischer International Airport has issued a notice...

More suspects to appear in UIF fraud case

According to the National Prosecuting Authority (NPA), more suspects...