Bainsvlei-moorde: Twee soek nie borgtog nie

0
639

CHRISTAL-LIZE MULLER

Twee van die drie mans wat teregstaan vir die moord op ‘n bejaarde egpaar van Bainsvlei by Bloemfontein het vandag in die plaaslike landdroshof besluit om nie om borgtogaansoek te doen nie.

Die vermoorde Toon en Rienie Swanepoel se familiewoordvoerder, Danie Maree, sê hulle is tevrede dat twee van die vermeende moordenaars agter tralies bly vir die duur van die verhoor.
Hofverrigtinge sal na verwagtig na etensuur hervat waarin die hof sal hoor oor die derde verdagte se borgtogaansoek.

Die Swanepoels, albei in hul 70’s, is op 11 Januarie in hul huis op die plaas Vergezocht buite die stad oorval, gemartel en daarna doodgeskiet.