Bainsvlei egpaar word volgende week ter ruste gelê

0
757

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die egpaar van Bainsvlei buite Bloemfontein wat Sondag in hul huis op die plaas Vergezocht deur drie mans oorval, gemartel en daarna geskiet is word eerskomende Dinsdag in die Bainsvlei-begraafplaas ter ruste gelê.
 
‘n Familielid Danie Marais sê die 72-jarige Toon Swanepoel en sy 70-jarige vrou, Rienie, se begrafnisdiens vind omstreeks 11:00 uit die NG kerk Waterbron plaas.
 
Die verdagtes, Fana Hendrik Ntshudi, Motsamai Jacobus Bitterbos en Jackie Louw het gister in die plaaslike landdroshof in verband met beweerde huisbraak en moord.
 
Hulle is volgende Woensdag weer in die hof vir ‘n borgaansoek.