Baba na hospitaal gehaas weens traangas tydens betogings

0
982
n Ses maande oue baba moes gister na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein gehaas word nadat die inwoners deur traangas oorval is.

Polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, het bevestig dat die polisie per ongeluk die traangas na ‘n huis gegooi het waarin die ma en die baba was.

Die polisie het onmiddellik met die baba in die polisie-voertuig na ‘n hospitaal gejaag vir behandeling.

Dit kom nadat sowat 100 mense gister tussen Dewetsdorp en Bloemfontein op die R702 betoog het, na bewering oor swak dienslewering. Mpakane sê betogers het die hoofpaaie met klippe en brandende bande versper. Polisie kon daarin slaag om die betogers uiteen te jaag.

Die situasie het rustiger geraak, maar later die middag het geweld weer uitgebreek en die polisie moes traangas gebruik. Mpakane sê motoriste moet verkieslik alternatiewe roetes gebruik.

Josca Human / OFM-nuus