ATKV Toekenning aan Groep 2: Sias Reinecke (postuum) en Gert van Tonder

0
6186

Groep 2 gevorm.
Groep 2 het gedurende hulle sangloopbaan sowat 17 langspeelplate en ongeveer tien kortspelers opgeneem.
Hulle grootste treffers was: “Die Oukraalliedjie”, “Die Padda wou gaan opsit…”, “Daar’s niks soos ware liefde…”, “Dink jy darem nog aan my…”, “Linda”, “Ek is lief vir die wêreld”, “Laat my weet…” en nog ‘n hele string draaitafeltreffers.
Groep 2 het die land asook Namibie deurgereis met optredes.
Hulle het 2 SARIE-toekennings ontvang, vyf goue plate, en die Midem trofee in Cannes, Frankryk gekry tydens die Cannes musiekfees, waar hulle saam met bekendes soos, Tom Jones, Vera Lynn, Die Moody Blues, Paul McCartney, Udo Jurgens, Adamo en ‘n klomp Europese kunstenaars en ‘n veertig stuk orkeslede onder leiding van die bekende franse dirigent, Franck Pourcel, opgetree het.
Hulle het ook 4 liedjies opgeneem in die Abbey straatateljee van EMI in Londen waar die Beatles ook opgeneem het.
Gert se solo-optredes: (Hy tree al vyftig jaar op)
Gert het nadat Groep 2 uitmekaar is hom meer op TV- en rolprentwerktoegespits maar het steeds as solokunstenaar landwyd opgetree. .
Hy het in verskeie radiodramas asook in sowat 8 rolprente en ‘n klomp TV-reekse en -dramas opgetree en was 12 jaar mede-aanbieder van die gewilde TV-kinderprogram “Wielie Walie”.
Sy jongste Cd, “Herleef Groep 2” saam met 20 van ons top Afrikaanse sangers het sy loopbaan ‘n nuwe hupstoot gegee.
Gedurende die afgelope 50 jaar het hy ongeveer 160 Afrikaanse lirieke geskryf, asook die musiek van ‘n groot aantal daarvan, wat deur o.a. Groep 2, Carike Keuzenkamp, Rina Hugo, Sias Reinecke, Dana Winner, Die Platinums, Amanda Luyt, Ed van Wyk en verskeie ander kunstenaars opgeneem is.
Sy repertoire sluit o.a. nog die volgende produksies in: Twee langspeelplate met kinderverhale; Twee Cd’s met Bybelverhale, wat hy self verwerk het, en liedjies waarvan hy die musiek en woorde geskryf het;
Twee Cd’s “Rakker die vriendelike ruimteseuntjie”, met stories en liedjies; Verskeie liedjies geskryf vir ‘n DVD, “Haas Das hou konsert” wat hy in samewerking met Louise Smit gemaak het;
Hy het ook die lirieke en musiek van al die liedjies op ‘n Cd wat hy saam met Verna Vels gemaak het, geskryf.
Van sy bekendste liedjies/lirieke is: “Sproetjies”, “Haas Das se nuuskas”, “Jakkals en wolf”, “As die kitare speel”, “Liewe ou maan”, “Ek is lief vir die wêreld”.
Gert het ook twee van Boerneef se gedigte getoonset nl. “Van al my land se Tafelberge” en “Hoe stil kan dit word”.
Gert bied deesdae ‘n “Onthou jy nog”-program van Afrikaanse liedjies aan. Sy repertorium sluit byderwetse verwerkings van Groep 2 se grootste treffers in asook nuwe skeppings in Afrikaans. Hy vind dat mense steeds die immergroen liedjies van Groep 2 nog terdeë geniet.
"Ons eer ‘n sanger en akteur van formaat. Gert, jy het die toets van die tyd met jou kwaliteitsang, -lirieke, -toonsettings, puik akteur- en verhoogwerk dusver oor ‘n tydperk van 50 jaar met grasie en baie groot sukses voltooi. Jy het die Afrikaanse taal en kultuur deurentyd met trots en eer bevorder.
Baie dankie vir jou jarelange volgehoue en reuse bydrae tot en verryking van ons taal en kultuur.” Sakkie Kotze namens die Direksie van ATKV SA.