ATKV se Tjokkertoneel kom Bfn toe

0
198
Met die ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele en spreekkore (junior en senior).

Die ATKV loods hierdie jaar sy Tjokkertoneelprojek, wat ‘n uitvloeisel van die Tienertoneelprojek is, in die Hoërskool Fichardtpark se saal. Die geleentheid vind op 4 Oktober om 17:00 plaas.

Luidens ‘n persverklaring, is die projek egter net op laerskole, spreekkore en mini-tonele gemik. Die beoordelaars vir die aand is Ira Blanckenberg, Schoemé Grobler en Esté Pienaar wees.

Die projek is aanvanklik net in Gauteng en die Kaap gehou, maar hierdie jaar is Bloemfontein ook gekies omdat dit die sentrale punt is, en waar alle skole uit die Vrystaat en Noord-Kaap in die toekoms kan deelneem. Laerskole kan hul junior spreekkoor (graad 1 tot 3), senior spreekkoor (graad 4 tot 7) en ‘n mini-toneel inskryf. “Tot onlangs was ATKV-Tienertoneel eksklusief vir hoërskoolleerders, maar met die splinternuwe ATKV-Tjokkertoneel gaan laerskoolleerders ook nou ‘n kans kry om hul vaardighede te wys,” lui die verklaring

Mense van Bloemfontein word uitgenooi om die skole wat deelneem te kom ondersteun. ‘n Aand van lekker kuier en pret kan verwag word. Kaartjies is by die deur beskikbaar teen R30 vir volwassenes en R10 vir kinders.

info@bloemfonteincourant.co.za