ATKV-MSW verwelkom nuwe besturende direkteur

0
123
Sonel Brits

Die ATKV het bekend gemaak dat hy ‘n nuwe bestuurende direkteur van die ATKV-MSW (maatskappy sonder winsoogmerk) aangestel het. Sonél Brits sal voortaan die pos volstaan by die ATKV-MSW.

Brits is reeds van 2010 af die maatskappysekretaris van die ATKV en het vanaf Mei 2018 as besturende direkteur waargeneem.

Benewens die verwerwing van haar LLB-graad in 1998 aan die destydse RAU, het sy ook ’n BCom-graad in regte.

Bridgitte Mathews, die voorsitter van die ATKV-MSW-direksie, het Sonél gelukgewens met haar aanstelling en haar in haar nuwe posisie by die ATKV sterkte toegewens.

“Die ATKV-MSW-direksie het volle vertroue in Brits se vermoë om die ATKV te posisioneer as die voorkeur taal-en-kultuurorganisasie vir almal vir wie Afrikaans nasionaal sowel as internasionaal na aan die hart lê.”

Die direksie is van mening dat Brits die nodige standvastigheid en positiewe dinamika in die organisasie teweeg sal bring.

info@bloemfonteincourant.co.za