E Copy

Date:

Ashbury Boxing Club ná meer as ’n dekade herstig

Die Ashbury Boxing Club, wat nou bekend staan as die All Stars Boxing Club, se deure het heropen nadat dit vir langer as ’n dekade gesluit was.

Bennie Buffel is een van die oud-lede van die klub en dit is juis hy wat met die idee vorendag gekom het om die klub weer aan die gang te kry. “Heidedal se sportgeleenthede is maar power en van die spoor af. Die leerlinge verlaat skool op ’n jong ouderdom, hulle raak betrokke by bendegroepe en maak misbruik van alkohol en dwelms en daarom wil ons hê die kinders moet by sport betrokke raak om ’n positiewe bydrae tot die gemeenskap te lewer,” meen Buffel.

Afrigters, Charlie Lipso en Bennie Buffel. Foto: Verskaf

Die klub wil nou by laerskole omgaan sodat leerlinge van die ouderdom van 10 af reeds betrokke kan raak by dié sport. “Natuurlik is die doel om die jeug betrokke te kry, maar ouer ouderdomsgroepe is ook welkom want dit motiveer weer die jongklomp. Soos hulle sê, aanhouer wen.”

Die dames leer ook graag om te boks by die All Stars Boxing Academy

Moet ook nie dink dat boks net vir die manne is nie. Die skoner geslag neem ook daaraan deel. Daar is nog ’n paar oud-lede betrokke, insluitend Bennie Buffel en Martin Jacobs. Die grootste nadeel op die oomblik is dat die klub nie in Heidedal geleë is nie, maar in die stad.

Hulle is op soek na ’n fasiliteit waarvan hulle in Heidedal self gebruik kan maak. Nietemin gaan dit hulle nie onder kry nie en gaan hulle hul bes probeer om die negatiewe aspekte onder die kinders en jeug in positiewes te verander. – Jeretha Oosthuizen info@bloemfonteincourant.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...