Arco-konsert ‘n stylvolle musiekervaring

0
132
Die lede van Arco Musica tydens 'n repetisie

The Classic Connection, wat op 25 en 26 Oktober 2019 van 19:30 af in die Ramblersklub se balsaal deur Arco Musica aangebied word, gaan ‘n stylvolle musikale ervaring soos min wees.
“Arco Musica nooi die publiek uit om stylvol aan te trek vir dié musiekproduksie. Debbie Brink (dirigent en musiekverwerker) het vir hierdie Arco-konsert bekende vokale nommers uit die klassieke en populêre repertorium geneem en dit vir solo-instrumente verwerk,” sê Arco Musica in ‘n verklaring.
Luidens die verklaring is die konsert juis om die virtuositeit van die Arco-instrumentaliste op die voorgrond te plaas, sodat die gehoor opnuut die unieke klank van elke instrument kan waardeer.
Die soliste maak hul verskyning in die volgende items: Arend Brink (tjello) in temamusiek uit The Mission; Elsabe Raath (altviool) en Petrus van Wyk (elektriese kitaar) in Caruso; Richard Reid (viool) en Sharon de Kock (viool) in Let it go en Vier Seisoene van Vivaldi; Andries Mostert (saxofoon) en Anthony Duffin (trompet) in Oblivion-Piazolla; Debbie Brink (klavier) en Anton Esterhuyse (fluit) in Cinema Paradiso. In nommers soos Despacito, Send in the Clowns en Titanium word die solo’s verdeel tussen die verskillende instrumente van die orkes.
Sangsoliste Arend Brink jr, Minette Nortjé, Lizelle Nel en die nuutgestigde Arco-koor, span saam met die orkes om ‘n grootsheid en dieper musikale dimensie na vore te bring in nommers soos The Hands of Man van Chris de Burgh, Theme from The Mission, Because we Believe – Andrea Bocelli, Adagio van Albinoni, Supermarket Flowers van Ed Sheeran en Gebed van Koos du Plessis.
Kaartjies is teen R170 elk by Computicket beskikbaar. Vir navrae bel Arco Musica by 083-259-2226.
info@bloemfonteincourant.co.za