Anderson hoër op tennisranglys

0
634

Kevin Anderson, Suid-Afrika se voorste tennisspeler, het pas sy tweede eindstryd in Noord-Amerika in die ATP-reeks gehaal, maar soos in die Delray Beach Ope in Florida het die Suid-Afrikaner weer vasgeval in die Mexiko-toernooi.

In Florida het Anderson teen die sewende gekeurde Marin Cilic van Kroasië vasgeval en in Acapulco, Mexiko was die Bulgaar Grigor Dimitrov te sterk vir hom.

Dimitrov moes terugveg om Anderson in drie stelle 7-6, 3-6 en 7-6 te klop.

Ná die vertonings deur Anderson het hy op die jongste wêreldranglys na 18ste plek opgeskuif.

Nog ’n troosprys vir Anderson is die feit dat hy saam met die Australiër, Matthew Ebden, die dubbelspel-titel in Acapulco verower het deur Feliciano Lopez (Spanje) en Max Mirnyi (Belarus) 6-3, 6-3 te klop.

– BLD Communications