E Copy

Date:

Anchor of Hope ontvang ’n huis

Anchor of Hope het ’n huis in Hilton, Bloemfontein, van die Tant San Trust ontvang wat hulle beplan om te restoureer en in ’n gesinskuiling vir vroue en kinders te omskep.

Volgens Anchor of Hope se Boeta Swart gaan hierdie projek hulle baie geld en arbeid kos. “Daar is baie werk wat aan die binnekant gedoen moet word.

Die huis het 16 kamers met 2 klein sitkamers aan die bokant, 1 groot sitkamer onder, 4 badkamers, ’n eetkamer, ’n kombuis, ’n waskamer asook ’n buitekamer,” sê hy.

Hy het bygevoeg dat die huis massief is en van die herstelwerk sluit loodgieterswerk in, die storte en wasbakke moet vervang word, die hele huis moet oorgeverf word, die badkamers moet weer geteël word, en toerusting soos yskaste en diep vrieskaste moet aangeskaf word.

“Anchor of Hope sal al die meubels maak, van die beddens tot die rusbanke en die kaste. Ons sal egter geld nodig hê daarvoor,” sê Swart. “Ons wil hê die kinders en vroue wat hier kom woon, moet tuis voel en nie asof hulle in ’n skuiling woon nie,” voeg hy by.

Bloemfontein Courant het met een van die trustees van die Tant San Trust gesels, wat aan die publikasie vertel het dat die huis (Sannies Kitchen) aanvanklik deur Lorraine Esterhuizen bestuur is, wat ongelukkig oorlede is.

Hy het genoem dat dit mettertyd nie goed gegaan het nie en hulle moes ongelukkig die huis toemaak. “Die trustees van die Tant San Trust het besluit om die gebou aan Anchor of Hope te gee, onderhewig daaraan dat hulle dit vir ’n goeie doel gebruik. Ons wil hê die gebou moet vir goeie werk gebruik word,” het die trustee gesê.

“Ons vra die publiek om ons asseblief te help. Ons benodig kontantskenkings, borge vir teëls, verf en goed om die badkamers op te knap,” het Swart afgesluit.

Om betrokke te raak, kontak Boeta Swart by 083-325-1899.

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...