Die wiele is aan die rol vir die 22ste aanbieding van die Bundu-ysbeer-swem. Met net 27 oor dae voordat die groot dag aanbreek, stroom navrae reeds in.
Die ysbeer-swem- en 4×4-dag vind by die Sandrivier, Venterstad, plaas. Sweminskrywings kos R40 per peroon tot en met 11:30 (daaná kos dit R50 vir laat inskrywings) en toegangsgeld by die hekke is R50 per voertuig.
Hierdie jaar se swem- en 4×4-dag sal, soos in die verlede, groot pret vir die hele gesin bied.
Die gewilde gesins-4×4-projek sal gesamentlik deur Bloemfontein, Goudveld en Kroonstad se klubs aangebied word.
Daar is ‘n bus met 60 sitplekke wat van Bloemfontein af vertrek vir diegene wat belangstel om te gaan.
Goldco Midas, verlede jaar se medaljeborg, sal vanjaar weer betrokke wees by die swem- en 4×4-dag.
In 2016 het honderde die 8° C koue water in mooi, effens winderige toestande aangedurf. Vanjaar behoort die weer mooi saam te speel, hoewel die water beslis nie warmer gaan wees nie.
Alleenlik volwassenes en kinders ouer as 10 jaar mag deelnaam aan die swem.
Vir meer inligting, bel Felix Burri by 082-851-4584. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za
Date:
Amper weer tyd vir die Ysbeertjie
'n Paar deelnemers aan die 2016-Ysbeer durf hier die koue aan. FOTO: FELIX BURRI