Amla en Elgar vereer in krieket

0
2555

GEORG VAN ECK
Hashim Amla is die derde Protea-krieketspeler wat ’n tweede keer as Suid-Afrika se Speler van die Jaar aangewys is.
Die eer het hom op die Krieket Suid-Afrika se glansonthaal in Sandton Johannesburg te beurt geval en hy is ook as die Sunfoil Toetsspeler van Jaar, Suid-Afrikaanse ondersteuners se Speler van die Jaar en sy 300-tal in die toets teen Engeland op die Oval het hom ook KFC se ‘So Good’-toekenning besorg.
AB de Villiers is as Suid-Afrika se Momentum Eendagspeler van die Jaar bekroon.
Albei van hulle is ook ingesluit in Suid-Afrika se toets- en eendaggroepe vir die komende reeks teen Pakistan in die Verenigde Arabiese Emirate, wat op 14 Oktober begin.
Nog goeie nuus is dat Vernon Philander deur die Protea-afrigter, Russell Domingo, in sy eendag-groep ingesluit is. Hy is ook in die toetsgroep.
Dale Steyn en Graeme Smith is ook in albei die twee nasionale groepe, maar Jacques Kallis is net in die toetsgroep en sal eers weer teen Indië vir die eendaggroep beskikbaar wees.
• Op die plaaslike front in Bloemfontein is Ryan McLaren van die Knights weer in die Proteas se Eendag-groep en is die Protea-kolwer, Dean Elgar, as die Knights se Speler van die Jaar aangewys,
Rilee Rossouw en Rudi Second is onderskeidelik as die Spelers se Speler van die Jaar en Nuweling van die Jaar deur die Knights bekroon.
Die Protea-groepe is:
Toetsgroep: Graeme Smith (k), Hashim Amla, AB de Villiers, JP Duminy, Faf du Plessis, Dean Elgar, Imran Tahir, Jacques Kallis, Rory Kleinveldt, Morné Morkel, Alviro Petersen, Robin Peterson, Vernon Philander, Dale Steyn, Thami Tsolekile.

Eendaggroep: AB de Villiers (k), Hashim Amla, Quinton de Kock, JP Duminy, Faf du Plessis, Imran Tahir, Ryan Mclaren, Graeme Smith, Dale Steyn, Lonwabo Tsotsobe. georg@centralmediagroup.co.za