Alle oë vandag op Zuma

0
700

Kaapstad. – President Jacob Zuma se staatsrede sal vanaand die eerste keer in al die amptelike landstale gehoor kan word.

Die LP’s en gaste in die Nasionale Vergadering sal op die taal van hul keuse kan inskakel nadat nuwe tegnologie aangebring is. Intussen wek die finansiële posisie van baie Suid-Afrikaanse huishoudings kommer en die verwagting is dat Zuma in sy rede sal aandui hoe sy party hierdie situasie beter gaan maak.

Ekonoom Merina Willemse meen hoewel die toespraak ‘n politieke fokus sal hê aangesien dit verkiesingsjaar is, sal Zuma MOET fokus op die probleme waaronder gewone mense gebuk gaan.

"Van ‘n ekonomiese perspektief sal hy noem hoe dit moeilik is vir huishoudings hierdie jaar aangesien ons ekonomie steeds stadig groei, so daar’s baie rede om bekommerd te wees oor huishoudings," het Willemse laat weet.