Aladdin kom kuier in die Sand

0
2610
Xander Art Productions bring Aladdin binnekort na die Sand du Plessis-teater.

Xander Art Productions bied op 24 Junie 2017 sy jonste produksie van Aladdin in die Sand du Plessis-teater aan.
Volgens Xander Steyn, eienaar van Xander Art Productions, gaan daar vier vertonings wees. Die laerskoolleerlinge sal om 10:00, 12:30 en 15:00 deel van die Aladdin-produksie wees, en die hoërskoolleerlinge sal vir die hoofvertoning om 20:00 sorg.
“Hierdie weergawe van Aladdin gaan local en lekker wees. Iets wat die hele familie kan geniet. Al die akteurs is plaaslike talent. Ons moet ophou om op Bloemfontein se talent neer te sien. Die mense hier is regtig baie talentvol,” sê Xander.
Volgens hom word teater ook baie afgeskeep in Bloemfontein. “Dit gaan altyd net oor musiek of ballet, maar nooit regtig oor teaterproduksies nie. Dit is juis waarom ek aan hierdie produksie gedink het. Ek wil mense weer blootstel aan die teater,” sê Xander.
Kaartjies is teen R90 elk by Pacofs se besprekingskantore beskikbaar. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za