Xander Steyn se Aladdin sal twee naweke in Junie op die verhoog wees.
Steyn is bekend vir sy vermoë om ou sprokies te vertel met ’n paar komiese kinkels en draaie en ’n paar onverwagte karakters, en sy produksie Aladdin is nie anders nie.
Volgens hom is hierdie vertoning regtig vir die hele gesin.
“Ons het ’n lewensgrote lamp, Aladdin as ’n aangenome ma, en twee broers en susters en selfs ‘Zuma’ maak sy verskyning!” het hy gesê.
Sy laer- en hoërskoolleerlinge tree die naweek op. “Hoërskoolgroep een tree Vrydag (31/05) om 19:00 op.
“Terwyl beide laerskoolgroepe Saterdag (1/6) en hoërskoolgroep twee Sondag om 16:00 optree,” het Steyn gesê. Volgens hom vind die hoofvertoning (met volwasse akteurs) op 6, 7 en 8 Junie by die Rabbit Studio plaas.
Kaartjies is te koop by www.rabbithouse. co.za/events.
Diegene wat die vertonings wil bywoon, word aangeraai om seker te maak hulle bespreek vir die regte vertoning.
Justine Fortuin