E Copy

Date:

Akademiese program gaan voort by UV

Die leierskap van die groep Free Education Movement (FEM) aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê hulle is omgekrap nadat verskeie studente vroeër deur polisie op die kampus in hegtenis geneem is.

Die studente is aangekeer in verband met die oortreding van ‘n hofinterdik teen protesaksies. Die leier van die FEM, Asive Dlanjwa, sê hulle het verwag dat studente vandag in hegtenis geneem sou word en het dus reeds regshulp bekom wat die studente sal verteenwoordig.

Leiers van die Free Education Movement spreek studente aan.
Leiers van die Free Education Movement spreek studente aan.

Polisiewoordvoerder Sally de Beer, sê daar sal eers vanmiddag, ná ‘n nasionale nuuskonferensie in Pretoria, duidelikheid wees oor die totale getal studente wat in hegtenis geneem is. Sy sê die getalle kan styg.

Intussen het Dlanjwa gesê dat hulle om 14:00 met studente sou vergader om ‘n pad vorentoe te bepaal. Die vergadering was nog ‘n kort rukkie gelede besig.

img_5921

Woordvoerder vir die UV, Lacea Loader, het intussen bevestig dat die akademiese program by die universiteit voort sal gaan, ten spyte van vroeë berigte op sosiale media wat anders aangedui het.

img_5874

Loader sê die universiteitsbestuur het al die nodige en redelike reëlings getref om personeel, studente en sy kampusse te beveilig nadat studente klasse en toetse op die Bloemfontein-kampus ontwrig het.

Sy sê die studente op die Bloemfontein- én Qwaqwa-kampusse is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens in terme van hul eie instruksies in hegtenis geneem.

-Mark Steenbok

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...