AHI Vrystaat Besigheidskamer bankvas agter Nasionale Ontwikkelings Plan

0
530

CHRISTOPHER MOTABOGI

AHI Vrystaat Besigheidskamer, voorheen die Afrikaanse Handels Instituut, gaan homself hierdie jaar daartoe toespits om die regering se Nasionale Ontwikellingsplan te ondersteun.

Die organisasie het gister dié besluit tydens sy beplannigsvergadering in Bloemfontein geneem. AHI Vrystaat voorsitter, Wilna Richter sê die plan behels maniere om sy organisasie se 22 sakekamers in die provinsie meer lewensvatbaar te maak.

"Ons fokus spesifiek daarop om die verval van die dienste in die verskillende dorpe aan te spreek. Ons wil ook al die ander gemeenskappe betrek, veral in terme van die besigheidssektor. In party van die dorpe is daar, byvoorbeeld, meer as een sakekamer; om hulle dan saam te betrek; saam met die munisipaliteit" sê Richter.

Volgens haar beoog AHI Vrystaat Besigheidskamer ook om spesifiek te kyk na die vier pillare (besigheidssektor, munisipaliteite, kerke en skole) en dan om saam ‘n plan uit te werk om die dorp te red.

Richter het bygevoeg dat AHI Vrystaat Besigheidskamer ook die kennis van sy lede vir die doel van die bree gemeenskap beskikbaar wil maak.