E Copy

Date:

Agteros kom selde in die Super 15-wenkraal

GEORG VAN ECK

“Speel vir 80 minute sodat ons ons soort rugby kan speel.” Dit is die uitdaging wat die Toyota Cheetahs se hoofafrigter asook kaptein, Naka Drotské en Adriaan Strauss, aan die Cheetahs op die vooraand van hul Australasiese Super 15-toer aan hul spelers gerig het.
Saterdagoggend (08:35) wag die kampioen, Chiefs, op die Toyota Cheetahs in Hamilton, Nieu-Seeland en Strauss en sy trop kan nie weer opvangrugby speel en hoop ‘agteros kom in die kraal’ nie.

’n Kenner en oud-Bok, Bob Skinstad, het ná die Toyota Cheetahs se nederlaag van 29-22 teen die gedugte Sharks in die Vrystaat-stadion lof vir die tuisspan se uitmuntende spel in die tweede skof gehad. Oor die wyse waarop hulle toegelaat het dat die Sharks ’n voorsprong van 26-5 kon opbou, kon hy net sy kop skud. Hy het gesê die Toyota Cheetahs was uitstekend in die tweede helfte. Johan Goosen het op losskakel twyfel in Sharks se geledere begin saai, terwyl Johann Sadie en Lappies Labuschagne skitterend met drieë afgerond het.

“Hulle beland altyd in ’n situasie waar hulle opvangrugby moet speel. Ek verstaan dit nie,” het hy gesê. Pat Lambie het met sy akkurate skopwerk die skaal in die Sharks se guns geswaai, terwyl Goosen, die tuispan se losskakel sy eerste drie skoppe verbrou het. Die jong skakelpaar van die Toyota Cheetahs, Goosen en Piet van Zyl, het aanvanklik nie hul stempel afgedruk nie en soms besluiteloos voorgekom. Dit was egter hoe later hoe kwater, want Goosen het teen die einde weer begin dikteer en ook met sy skoppe pale toe geslaag.

Drotské het soos Skinstad groot vertroue in Goosen se vermoëns. Hy het ook lof vir die lostrio, Frans Viljoen, Labuschagne en Philip van der Walt en later Boom Prinsloo gehad. Dié losvoorspelers het hul hoogaangeskrewe teenstanders ore aangesit.
Hennie Daniller het op heelagter een van sy beste wedstryde nog gehad, terwyl Raymond Rhule, Willie Roux en Sadie die Toyota Cheetahs baie meer aanvalopsies bied.  ’n Groot probleem in die Cheetah-kamp is die lynstane en nou is die plaasvervanger-lynstaanspesialis, Waltie Vermeulen, ook beseer en is hy deur Ligtoring Landman van Griekwas in die toerspan vervang. Met Francois Uys en Lood de Jager as beginslotpaar het die Cheetahs vyf lynstane verloor.

Strauss wys daarop dat ’n span net vir 80 minute voluit kan speel as jy die nodige balbesit wen. Lynstane is een van die hoofbronne van balbesit om momentum te bou. ’n Oplossing sal voor Saterdag gevind moet word. Punte: Sharks 29 (16). Drieë: Lwazi Mvovo, Marcell Coetzee. Doelskoppe: Pat Lambie (2). Strafdoele: Lambie (5). Toyota Cheetahs 22 (5). Drieë: Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Johann Sadie. Doelskoppe: Johan Goosen. Strafdoel: Goosen. Ander uitslae: Bulls 25 Stormers 17; Southern Kings 22 Western Force 10; Blues 34 Hurricanes 20; Chiefs 41 Highlanders 27; Reds 25 Warathas 17; Brumbies 30 Rebels 30-13.

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...