‘Agter toe deure’, nuwe film op skerm

0
179
Pieter van Rooyen en Pieter Bonthuyzen, wat saamgewerk het om die film te maak.

Twee Vrystaters, Pieter Bonthuyzen en Pieter van Rooyen, het kragte saamgesnoer om in April vanjaar ‘n kortfilm te skryf en te skiet. Die idee agter, Agter toe deure was van die begin af om mense bewus te maak van wat tieners deurmaak met boelies in hul skooljare.

Pieter Bonthuyzen, wie se idee dit was om ‘n draaiboek oor die onderwerp te skryf, het aan Bloemfontein Courant gesê dat hul plaaslike tienertalent van skole in die omgewing gebruik het om hoofrolle te speel. Hy vertel verder dat die rede vir die die naam van die film was om aan mense oor te dra dat ‘n mens nooit weet wat in ander mense se lewens aangaan nie. Dit is juis waarom ‘n mens altyd mooi moet werk met ander mense en hul gevoelens.

Volgens Bonthuyzen is boelies ‘n probleem in baie skole regoor die wêreld. Dit was waarom hy besluit het om die 21-minuut-film daarop te baseer. Mense wat die film wil sien, kan dit doen op https://youtu.be/iO2c8X-LSgw.

SAZLY HARZTENBERG
sazly@centralmediagroup.co.za