Agapé-genadewinkel weer oop

0
469
Pastoor George Steenkamp (links) en Phoebe Pretorius (regs) by die Agapégenadewinkel in Roselaan.

Die Agapé-gemeente in Roselaan, Wilgehof se Genadewinkel by die kerk sal weer van volgende Maandag sy deure heropen. Die idee vir so ’n winkel is verlede jaar in Phoebe Pretorius se hart gebore nadat sy besef het hoe groot die nood onder behoeftige mense is.

Goedere in die hierdie winkel word teen bekostigbare pryse te koop aangebied om in die behoeftes van hulpbehoewendes te voorsien. So word mense wat swaarkry ondersteun, terwyl die gemeente, wat finansiële verpligtinge het, ook daarby baat.

Agapé het ook nou ‘n nuwe wegneemete-diens by die Genadewinkel

Die Genadewinkel het iets vir almal soos onder meer kombuisware, beddegoed, boeke om van lees weer ’n stokperdjie te maak, en klere – alles teen goeie pryse. Hierdie jaar wil Agapé ook na ander organisasies soos Hospice en Helpende Hand uitreik om wanneer daar ekstra klere en ander artikels is, ook daar hulp te verleen, iets waarna die gemeente baie uitsien.

Volgens Pretorius het hulle ook nou ’n nuwe wegneemete-diens by die winkel. Hierdie kos word vars gemaak volgens mense se persoonlike smaak. Sy het aan Bloemfontein Courant vertel dat hulle ook elke Vrydag spesiale etes te koop aanbied. Dié etes moet egter vooraf bestel word.

Goedere in die Genadewinkel word teen bekostigbare pryse te koop aangebied.

Pretorius sê verder dat hierdie winkel ook ’n plek is waar daar gekuier word en verhoudings gebou word.

Hulle waardeer alle skenkings; mense is baie welkom om goedere na die kerk te bring of Pretorius te kontak by 073-196-7695 /phoebe. pretorius@gmail.com.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za