Agapé-gemeente help Wilgehof-gemeenskap

0
183
Photo for illustrative purposes only.

Die Agapé-gemeente in Roselaan, Wilgehof, het besluit om in te spring en die inwoners in die omgewing wat gebuk gaan onder die uiterste armoede te help, terwyl die gemeente self ook sal baat uit dié projek.

Die gemeente doen ‘n beroep op Bloemfonteiners om te help deur skenkings van enige aard. Enige bruikbare artikels is welkom. Goedere gaan in die Agapé Genadewinkel te koop aangebied word, om in die behoeftes van hulpbehoewendes te voorsien. So word mense wat swaarkry ondersteun asook die gemeente, wat finansiële verpligtinge het.

Die Genadewinkel beplan om voorraad beskikbaar te hê soos skaapvleis, hoender, maalvleis, wors en vark. Daar word ook ‘n kunsafdeling in die vooruitsig gestel. Skenkings soos gebruikte klere, ens. word herstel en gewas. ‘n Varsgroente-afdeling en ander eetgoed sal ook deel vorm van die winkeltjie. Met die winter in aantog, is winterklere, warm jasse, skoene en komberse altyd welkom.

Daar is selfs huise in die omgewing wat glad nie gordyne het nie. Mense is welkom om goedere na die kerk te bring, of Phoebe Pretorius te kontak by 073-196-7695 /phoebe.pretorius@gmail.com. Die kerk wil graag die Genadewinkel op 3 Mei open en bied ook dan ‘n aandmark aan. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za