E Copy

Date:

Afrikaanse Letterkundevereniging keer terug na UV ná meer as ’n dekade

Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs die 2025 Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV)-kongres op die Bloemfontein-kampus aangebied. Dit was die eerste keer in meer as ’n dekade dat die kongres weer by die UV plaasgevind het.

Die geleentheid het literêre navorsers en taalkundiges van Suid-Afrika, Namibië en Pole byeen gebring. Dr Francois Smith, hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, het die belangrikheid daarvan uitgelig: “Dit was die eerste keer dat beide literêre navorsers en taalkundiges saam deelgeneem het, en ook die eerste keer in meer as tien jaar dat ons die kongres weer kon aanbied,” het Smith gesê.

Prof. Vasu Reddy, adjunkvise-kanselier vir Navorsing en Internasionalisering, het die kulturele en historiese betekenis van die kongres beklemtoon. Hy het gesê: “Hierdie kongres vind plaas in ’n mylpaaljaar waarin ons 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal vier – ’n mylpaal wat die taal se ryk geskiedenis en veerkragtigheid weerspieël. Afrikaans is ’n lewende taal – ’n storieverteller, brugbouer en draer van kultuur en identiteit. Dit weerspieël ons gedeelde geskiedenis en burgerskap, met diversiteit en rykdom in sy vele vorme.”

Oor drie dae het deelnemers aan verskeie sessies deelgeneem waarin altesaam 52 navorsingsreferate aangebied is. Elke aanbieder het 20 minute gekry, gevolg deur ’n bespreking. Volgens Dr Smith is die doel dat hierdie referate uiteindelik ontwikkel sal word tot volwaardige akademiese artikels vir toekomstige publikasie.

Saamgestel deur Clement Matroos

Share post:

Popular

More like this
Related

Aunt arrested after missing toddler found dead

The Free State police have confirmed the tragic discovery...

Veterane by Oorlogmuseum byeen vir Herdenkingsondag 2025

Veterane van verskeie militêre takke het Sondag (9 November)...

Police step up water safety in Free State

Despite a steady decline in recent years, the Free...

Bloem-gesinsman verower wêreld se topmarathons

'n Bloemfonteinse geoktrooieerde rekenmeester en gesinsman het pas een...