E Copy

Date:

Afrikaanse arbeidsreg-app het al meer as 3 000 gebruikers – Solidariteit

Die vakbond Solidariteit het vandag aangekondig dat sy unieke slimfoon-app, wat op arbeidsreg fokus, reeds meer as 3 000 gebruikers het.

Die app, Regskliek, wat onlangs deur die vakbond bekendgestel is, bied arbeidsregshulp in Afrikaans aan die gebruikers daarvan.

Volgens Lindie de Beer, hoof van elektroniese kommunikasie by Solidariteit, is die vakbond oorstelp deur die sukses van hierdie regshulpmiddel.

“Die doel van hierdie app is om aan gebruikers die gerief te bied om regshulp in hul moedertaal in die palm van hul hand beskikbaar te hê.

Die aantal gebruikers wat die app reeds geïnstalleer het, dui daarop dat mense ’n behoefte daaraan het om in hierdie onsekere arbeidsomgewing regshulp te bekom,” het De Beer gesê.

Volgens De Beer het Solidariteit reeds baie positiewe terugvoer rakende die app ontvang en styg die gebruikerstal steeds daagliks.

“Omdat die app gratis aflaaibaar is, het almal toegang tot ’n wye verskeidenheid regskennis, asook reeds beantwoorde regsnavrae wat arbeids- en siviele reg insluit,” het De Beer verduidelik.

Verklaring uitgereik

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...