Afrikaanse akteur Lieb Bester oorlede na stryd met virus

0
177
PHOTO: Supplied

Afrikaanse akteur en musikant, Lieb Bester, (72) het sy stryd teen Covid-19 verloor het.

Volgens Pretoria Rekord, is die nuus van sy heengaan Woensdagoggend op sosiale media gedeel. Op die Burre Burger Facebook-blad: “Oom Lieb Bester, oom was ‘n yster… Rus sag by Jesus se voete… Ons wou so graag partytjie saam gehou het by oom Gert…”

Wayne Basil Short skryf: “Nog ‘n legende groet ons… Oom Lieb Bester Rus in Vrede my oom mag God die familie toevou deur hierdie moeilike tyd!”

Nog hartseer boodskappe het ingestroom van Bester se aanhangers. Bester was bekend vir sy rol as Fritz Retief in kykNET se sepie, Villa Rosa.

Hy is ook bekend vir sy rol as senior superintendent George Lindeque in die TV-riller, Arsenaal, wat oorspronklik op SAUK2 uitgesaai is, en nog vele meer waarvoor aanhangers hom sal onthou.

Pretoria Rekord/Corlia van Deventer