E Copy

Date:

“Afrikaans is waar ek tuis voel” – ’n Taal van hart en identiteit

Vir die plaaslike sangeres Wesna is Afrikaans nie net haar moedertaal nie, maar die kern van haar identiteit as kunstenaar. “Afrikaans is die plek waar ek 100% myself kan wees. Daar is geen grys areas nie,” sê sy.

Wesna se verhoogvertonings skitter van Afrikaanse treffers, oorspronklike liedjies en ’n paar Engelse snitte – alles saamgeweef in ’n Afrikaanse narratief. “Wesna ís ’n Afrikaanse vertoning,” sê sy onomwonde.

Vir haar is Afrikaans die taal waarin sy haarself die beste kan uitdruk – in sang en in emosie. “Ek raak harte aan in Afrikaans. Ek glimlag in Afrikaans. My oë gesels saam in Afrikaans.” Dié taal bied haar nie net uitdrukking nie, maar ook selfvertroue. In haar enkelsnit ‘Tuis’ bring sy dié gevoel tot lewe – want, sê sy, Afrikaans is daardie veilige plek.

Sy glo ook dat Afrikaans in die musiekbedryf floreer, veral onder jonger gehore. “Afrikaanse musiek het gegroei. Kunstenaars jaag nie meer net braaivleisvuur-treffers nie, maar sing vir die hart – met betekenis.” Volgens haar is dit juis hoekom jongmense aanklank vind by die lirieke.

As kunstenaar én ma lê die toekoms van die taal haar na aan die hart. “Afrikaans is die taal waarin ek leer lees, leer liefhê, leer bid het. Dis my taal. Ek hoop regtig almal kan betekenis daarin vind.”

 

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

School principal among 10 arrested for mob justice murder in Namahadi

A joint operation by Namahadi police, detectives, Phuthaditjhaba Crime...

Ward 46 embarks on second protest

Frustrated residents of Ward 46 gathered in numbers and...

Mangaung Social Development offices relocate to Batho Location

The Mangaung Department of Social Development Mangaung District Offices...

OFM deel in Afrikaans se eeu-feesviering

OFM het op 8 Mei 2025 saam met die...