E Copy

Date:

Afrika-skole-pluimbaltitel kom straks weer Bfn toe

Die Hoër Meisieskool Eunice is in 2014 en 2015 gekroon as die Afrika-skole-pluimbalkampioen in die meisiesafdeling en soos dinge nou lyk, gaan dié gesogte titel vanjaar weer in ‘n Bloemfonteinse skool se skoot val. Dié keer is die Hoërskool Jim Fouché (JF) se kanse meer as rooskleurig om as Afrika-kampioen gekroon te word.

Eunice se genoemde Afrika-oorwinnings was hoofsaaklik te danke aan die twee skitterende nasionale junior spelers, Leah Schoeman en Nita Scholtz. Schoeman is egter nie meer ‘n skolier nie en Scholtz het intussen besluit om Eunice vir JF te verruil.

Met Scholtz aan die spits van JF se opmars in pluimbal, is JF ‘n harde neut om te kraak.
Dit is bewys toe JF onlangs gerieflik met die naasbeste in die land, Diamantveld (Kimberley), afgereken het met 3 – 1 in die nasionale eindronde. JF se doelwit, veral met vyf meisies in sy geledere wat slegs 15 jaar oud is, is om die Afrika-titel die volgende drie jaar hul eie te maak.

Die gehalte van pluimbal in die Rosestad is weer eens onderstreep deur die seuns van die Hoërskool Fichardtpark wat op die SA skolebyeenkoms die eindstryd gehaal het en slegs voor Durban Boys’ High die knie moes buig (3 – 1).

Buiten vir bogenoemde suksesse, blyk die Vrystaat se pluimbaltoekoms steeds rooskleurig, veral met jong spelers wat na vore tree. Van die jong manne wat reeds hul hande opgesteek het as beste in die land, is Jan-Hendrik Knox (Grey) en Logan van Wyk (Fichardtpark). Dié manne is gekroon as die SA dubbelskampioene in die seuns o.13-afdeling, terwyl Van Wyk silwer in die enkelspel gebuit het.

In die o.9-ouderdomsgroep het die Rosestad ook ‘n nasionale kampioen opgedis. Ané Oberholzer (Fichartpark) het in die enkel- en dubbelspel vir meisies goud om die nek gehang.  – RUFUS BOTHA

Share post:

Popular

More like this
Related

Boikhuco Old Age Home to host fundraising gala dinner in Mangaung

The Mangaung Society for the Care of the Aged...

Planned power interruptions in the city from 25-27 March

Residents from various areas in the Mangaung Metropolitan Municipality...

Making the most of your bonus this bonus season

While December is known for South Africa’s traditional 13th...

Stand-up for mental health: Shampoonaiza and friends bring the laughs to Bloem

The Performing Arts Centre of the Free State (Pacofs)...