AfriForum will gemeenskap se behoefte bepaal

0
127
Distrikskoördineerder van AfriForum Bloemfontein, Christo Groenewald

AfriForum se Bloemfontein-takke hou more (1 Mei) ‘n bewusmakingsdag om die gemeenskap se behoeftes te bepaal op alle terreine waar die organisasie se strukture betrokke is.

“Dit behels onder meer van skoonmaakprojekte tot die herstel van slaggate,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad.

Hy vertel dat hulle ook opgewonde is oor die nuwe aankope wat die AfriForum-takke in Bloemfontein gemaak het en wil dit graag op 1 Mei aan die publiek bekend stel. Hulle beplan om op die dag tentoonstellings te hou van alles waartoe die AfriForum-takke in Bloemfontein in staat is.

“Ons wil graag plaaslike ondernemings motiveer om in te skakel by ons projekte om die stad weer skoon en veilig te maak. Inwoners is ook welkom om ons te help om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak,” sê Groenewald.

Die bewusmakingsdag vind plaas by die veld langs die Fichardtpark-biblioteek in Benaderylaan van 08:00 tot 11:00

Saamgestel deur Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za