AfriForum werk saam met polisie om vermeende plaasaanvallers te vang

0
130
Foto: Forum Nuus

AfriForum 911 se kontrolekamer het op 6 Maart 2019 verskeie suksesse behaal in samewerking met die SAPD. Vier verdagtes, wat verantwoordelik was vir ‘n plaasaanval naby Tweeling in die Vrystaat, is gearresteer naby die Lesotho-grenspos. Tydens die arrestasie is twee handgewere, ammunisie, kontant en vyf selfone in besit van die verdagtes gevind.

“AfriForum 911 het voortdurend opgevolg en die SAPD op die hoogte gehou van die nuutste inligting. Dit is belangrik om betrokke te raak by AfriForum se veiligheidstrukture in jou gemeenskap en gevolglik ‘n bydrae te lewer tot you eie dorp se veiligheid,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapveiligheid.

“Maak ook seker dat jy die AfriForum 911 noodtoep op jou slimfoon aflaai om in staat te wees om hulp te ontbied tydens ‘n noodgeval of om verdagte aktiwiteite te rapporteer. Besoek gerus AfriForum 911 se webtuiste by www.afriforum911.co.za,” sê Cameron.

info@bloemfonteincourant.co.za