AfriForum verwyder 600 ton vullis in Bloemfontein

0
1380
DP Civils & Plant Hire en Buurtwag-lede FOTO: AfriForum

Die AfriForum-takke in Bloemfontein het gedurende April in Fichardtpark, Pellissier en Gardeniapark vullis verwyder nadat die Mangaung Metro vir drie weke lank geen vullis verwyder het nie.

300 ton vullis is in Fichardtpark verwyder en 150 ton vullis is in Pellissier verwyder. AfriForum-buurtwaglede het 150 ton vullis in Gardeniapark verwyder.

“Dit is uiters swak dat die munisipaliteit nie basiese dienste kan lewer waarvoor belastingbetalers opdok nie. Dit veroorsaak ’n omgewings- en gesondheidsrisiko vir die gemeenskap,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

“AfriForum moedig die gemeenskap aan om by die vullisverwyderingsdiens aan te sluit. Enigiemand kan van die diens gebruik maak; dit is nie eksklusief vir AfriForum-lede nie. Inwoners wat van die diens gebruik maak, ontvang groen AfriForum-vullissakke en ’n skedule is ook beskikbaar om te sien op watter dag vullis in die betrokke gebied verwyder word,” sê Groenewald.

Registreer hier vir AfriForum se vullisverwyderingsdiens of SMS “Bloemfontein” na 45266 (R1) om by AfriForum se Bloemfontein-takke aan te sluit.

info@bloemfonteincourant.co.za