AfriForum-tak in Bultfontein verskerp veiligheid by polisiestasie

0
241
Gert Viljoen besig om ligte te installeer

AfriForum se Bultfontein-tak het gedurende die naweek van 29 November die veiligheid by die Bultfontein se polisiestasie verskerp deur ligte by die aanhoudingselle te installeer.

Luidens ‘n verklaring het die Bultfontein-tak het besluit om ligte te installeer omdat die omgewing rondom die selle só swak belig is dat polisiebeamptes tans spreiligte, wat eintlik vir padblokkades bedoel is, gebruik.

Nuwe ligte by Bultfontein se polisiestasie

Voorsitter van AfriForum se Bultfontein-tak, Tony Swanepoel, het gesê dat dit snags pikdonker by die selle is, wat die polisiebeamptes se veiligheid in gedrang bring. “Ons glo dat die tak op wyses soos hierdie ’n verskil in die gemeenskap kan maak en hoop dat hierdie projek ander inwoners sal aanmoedig om ook betrokke te raak,” sê Swanepoel.

Gert Viljoen en Lerika Swanepoel van die Bultfontein-tak

Volgens AfriForum se koördineerder vir die Hoogland, JP Nel, sal die Bultfontein-tak en -buurtwag voortgaan om misdaad in die dorp te bekamp en sodoende ook die gemeenskap bystaan. Inwoners kan by die AfriForum se Bultfontein-tak betrokke raak as hulle “Bultfontein” SMS na 31481.

info@bloemfonteincourant.co.za