AfriForum skenk handreiniger aan polisie, senior burgers

0
879
Ao. Andrew Nkokoane en Ao. Gerhard Dreyer van die Hertzogville-polisiekantoor by die skenking van AfriForum.

Burgerregte-organisasie AfriForum se Hertzogville-tak het gister, Donderdag 14 Mei 2020, handreiniger aan die plaaslike polisiekantoor en die Amandelhof-tehuis vir senior burgers geskenk.

Luidens ‘n verklaring het die organisasie altesaam 10 liter handreiniger aan die twee instansies geskenk. Amandelhof het hul waardering teenoor AfriForum uitgespreek vir die skenking en ondersteuning tydens die staat van inperking.

Volgens Petrus Meintjies, voorsitter van AfriForum se Hertzogville-tak, prober hulle help waar hulle kan met wat hulle het. “Dit is ‘n groot voorreg om mense wat daagliks belangrike werk doen tydens die pandemie te ondersteun,” sê Meintjies.

Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoordineerder vir Stellaland, het ‘n beroep op inwoners van die dorp gedoen om betrokke te raak by AfriForum se Hertzogville-tak sodat hulle die gemeenskap tydens en na die pandemie kan ondersteun.

info@bloemfonteincourant.co.za