AfriForum in LHP stel noodwaterpunt beskikbaar

0
758
AfriForum se mobiele waterpunt

Burgerregte-organisasie AfriForum se Langenhovenpark-buurtwag het dié week hul mobiele noodwaterpunt aan die gemeenskap van Bloemfontein beskikbaar gestel, nadat inwoners gekla het dat hulle geen watertoevoer by hul huise het nie.

Volgens die organisasie kom dit nadat Bloemwater aangekondig het dat waterdruk verlaag gaan word weens die Mangaung-metro se wanbetaling aan dié waterraad.

Volgens Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, het die organisasie reeds ’n aanmaning aan die Manguang-metro gerig weens die wanbetaling aan Bloemwater, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.

“AfriForum sal voortgaan om die gemeenskap te ondersteun en aanhou om druk uit te oefen op munisipaliteite wat hul pligte versuim,” sê Groenewald.

AfriForum se mobiele waterpunt gaan om 18:00 in die aande in Dirk Oppermanstraat, Langenhovenpark, gereed wees om water aan die gemeenskap te voorsien.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za