AfriForum hou Bfn-parke skoon

0
714
Distrikskoördineerder van AfriForum Bloemfontein, Christo Groenewald.

“Dit is sleg om te sien hoedat die munisipaliteit agteroor sit en hoegenaamd niks doen nie. Dit veroorsaak geleenthede vir mense om vullis te stort en ons wil ons buurte weer skoon en veilig hou vir ons families en kinders.”

Dit volgens distrikskoördineerder van Bloemfontein AfriForum, Christo Groenewald, nadat die organisasie ingespring het om te help om die Rosestad skoon te kry. Omtrent nege verskillende parke in Bloemfontein se gras is reeds gesny en skoongemaak.

AfriForum en die gemeenskap het hande gevat om parke in verskillende areas skoon te maak. In 2017 het AfriForum se Pellissier-tak ook ’n parkie “aangeneem”. Groenewald sê daar is nie ’n spesifi eke tyd gekoppel aan die projek nie omdat hulle dit reeds ’n geruime tyd doen.

Hulle het wel in 2020 amptelik afgeskop met die skoonmaakaksie as deel van die #VegEnBou-projek. Besighede en ander instansies was ook betrokke. Volgens Groenewald werk elke AfriForum-tak in Bloemfontein saam met verskeie ondernemings of instansies en sal hulle nog bymekaarkom en beplan waar hul volgende aksie sal plaasvind.

AfriForumtakke konsentreer op die oomblik op hul onderskeie areas. “Ons streef daarna om die projek so lank moontlik volhoubaar te hou.” Inwoners van die Rosestad word aangemoedig om by hul onderskeie gemeenskappe en by AfriForum-strukture betrokke te raak in.

Lede en selfs besighede kan help met skenkings om die aksies moontlik te maak en is baie welkom om self deel te neem.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za